Thys & Trix
Add to
my list
Comedy, Action
96 min
| 
13 D L P S V
Thys en Trix is broer en suster en ook ywerige, onbeholpe polisiemanne. Thys is ’n bedagsame knoeier en Trix ’n ongeskikte, sexy rabbedoe. Hulle onderlangse twis veroorsaak dat hulle geskors word nadat hulle die polisiediens wéér in die verleentheid stel.
Speurder Solomons, ’n gesoute en passievolle speurder, ondersoek die bedrywighede van ’n misdaad-sindikaat in ’n eksklusiewe gholflandgoed buite Mosselbaai. Vanweë hulle ‘vanilla-voorkoms’ word Thys en Trix vir die eerste keer uitgesonder as die bekwaamste span om ’n ondersoek te lei.
Die feit dat hulle moet voorgee om ’n getroude paartjie te wees om die ondersoek geloofwaardig te maak, bemoeilik die situasie.
Solomons sal hulle vergesel, maar is glad nie ingenome met die feit dat hy die butler gaan wees nie.
Cast
Leandie du Randt Bosch, Bouwer Bosch, Brendon Daniels, Charlie Bouguenon, Deon Coetzee, Zak Hendrikz, Dorette Potgieter, Ivan Zimmermann, Chanell De Jager, Carine Rous
Directed by
Quentin Krog
Music
Loki Rothman
Screenplay
Quentin Krog, Frannie van der Walt, Sean Robert Daniels