Susters
Add to
my list
Adventure, Comedy, Road trip, Girlfriends’
95 min
| 
7–9PG D
Aangenome susters Leksie, Cecile en Jo was in die uithoeke van die aarde toe hulle die oproep kry: entomoloog Leksie het pas in Mongolië ʼn frats gogga ontdek wat sekerlik dié keer haar naam in die ‘Guiness Book of Insects’ sal verseker; Jo, top fashion designer, was besig om ʼn uitgeteerde model te pas vir Jo se eerste fashion week bekendstelling in Londen; en Cecile was in Johannesburg, doenig om haar trop kinders te organiseer met die grasie van ʼn balletdanser terwyl sy brainstorm oor haar volgende hygroman.
Nou is die drie weer saam in Douglas vir die eerste keer in jare: die omstandighede is donker en die emosies loop hoog—gereed om Martie, hul ma, se oorblyfsels in iets te verander wat die drie susters druk om meer tyd saam te spandeer—iets wat duidelik ʼn tekort is.
Die eksentrieke, maar nou oorlede, Martie, het aan Frans, haar sexy manlike verpleër, instruksies gegee oor haar laaste wense: dié hele lotjie moet op ʼn road trip gaan om Martie se as te gaan strooi, en vir Kasper, haar honger luislang, by sy aftree-oord te kry. En dis net hier waar die koppie avontuur en ʼn knypie hindernisse hul tol eis op almal… veral op Kasper!
Cast
Diaan Lawrenson, Leah, Quanita Adams, Sean Marco Vorster
Directed by
Corné van Rooyen
Music
Johan Vorster
Screenplay
Corine du Toit, Sandra Vaughn