Jagveld
Add to
my list
Adventure, Suspense, Thriller
103 min
| 16 L V
Elke man vir haarself. Emma le Roux is op pad huis toe — die familieplaas in die Groot Karoo. Mooi, sagte Emma, die pasifis en laerskool-onderwyseres. Sy het hierdie roete al ’n duisend keer gery, sonder voorval. Maar nie vandag nie.
Want haar paaie gaan kruis met Bosman, Baz, Jay, Boela, AJ en Piet. Bosman is die baasbrein van die dwelmsindikaat. Hy is ’n psigopaat. Meedoënloos en geweldadig. Baz en Jay is sy meelopers, moordenaars, monsters. AJ en Boela, die rykmansseuns wat hoop om geloofwaardigheid en vinnige geld in dié wêreld te maak. En Piet, die bangbroek, die swakkeling wat alles en enigiets vir sy neef Bosman sal doen. Emma sien hoe dié ses ’n polisieman skiet. En hulle sien vir haar.
Nou jag hulle haar soos ’n dier in die Groot Karoo.
Cast
Leandie du Randt, Neels van Jaarsveld, Tim Theron, Bouwer Bosch, Tertius Meintjies, Edwin van der Walt, Luan Jacobs, Danie Putter, Drikus Volschenk, Albert Maritz, Lee-Ann van Rooi
Directed by
Byron Davis
Music
Schalk Joubert