Die Sneeukoniging
Add to
my list
Adventure, Animated, Family, Fantasy
72 min
| PG V
Gerda en haar broer Kai stryd aansê tussen goed en kwaad.
Die Sneeukoningin, wat graag ’n nuwe wêreld wil skep waar dit altyd winter is en waar die ysige Poolse winde die mense se siele afkoel en die skoon, koue lyne van die winterlandskap mense se emosies onderdruk, het die wêreld met ys bedek en beplan nou om alle kuns te vernietig.
Maar ’n towerspieël het voorspel dat die meesterglasmaker Vegard, wie se spieëls nie net mense se voorkoms nie, maar ook hulle siele weerspieël, die Sneeukoningin en haar koninkryk bedreig. Op ’n dag waai die Poolse winde vir Vergard en sy vrou Una weg, maar hulle slaag daarin om hulle dogtertjie Gerda en babaseuntjie Kai weg te steek.
Kort daarna ontdek een van die Sneeukoningin se bediendes vir Kai en sy glo vas dat hy Vegard se opvolger is.
Nadat Kai deur die Sneeukoningin ontvoer en in haar paleis opgesluit is, vertrek Gerda op ’n reis deur die ysige wonderland, vergesel van Luta, haar troetelfret en Orm, die trol. Gerda kom voor ’n hele paar moeilike struikelblokke te staan en maak nuwe vriende in haar poging om Kai te bevry, maar sy sal die Sneeukoningin moet verslaan en die harte van mense orals moet verower om die wêreld te red.
Cast
Pierre Breytenbach, Antowan Nöthling, Karen Wessels, Heidi Molenze, Bettie Kemp
Directed by
Maxim Sveshnikov, Vlad Barbe
Music
Mark Willott
Screenplay
Vadim Sveshnikov, Vlad Barbe