Vir Altyd
Add to
my list
Adventure, Drama, Romance
105 min
| 7–9PG
... in ’n oomblik. Tydens beste vriende Nina en Hugo se grootwordjare, was daar nooit ’n tekort aan avonture nie, maar nou is daar net pynlike herinneringe oor.
Op die ouderdom van 28 keer Hugo, ’n suksesvolle reisfotograaf, vir die eerste keer na 10 jaar terug na sy ouerhuis in die Paarl—onbewus dat dit die vooraand is van Nina se feëverhaaltroudag.
Onverwags word Hugo deel van Nina se groot dag. Dit is hier waar hulle lewens wéér in ’n oogwink verander. Nina se mooiste oomblik verander ’n verwoestende storm wanneer Retief, haar aanstaande, nie trou aan haar kan beloof nie en haar alleen en verneder voor die kansel laat. Die histeriese Nina het ’n spogtroue gereël en dring daarop aan om voort te gaan daarmee, met of sonder haar bruidegom. Na baie sjampanje en ’n lang aand van groot partytjie, skrik Nina en Hugo in ’n vliegtuig wakker terwyl die loods se stem hulle op Mauritius, die tropiese eiland van liefde, verwelkom.
Niks kon Hugo en Nina voorberei vir die avontuur wat sou voorlê nie.
Cast
Ivan Botha, Donnalee Roberts, Elize Cawood, Wilson Dunster, Illise Roos, Dirk Stoltz
Directed by
Jaco Smit
Music
Benjamin Willem
Screenplay
Ivan Botha, DonnaLee Roberts