Suurlemoen!
Add to
my list
Comedy, Music
95 min
| PG L
Tiaan en Zane. Twee sestienjarige pelle wat hou van skaatsplank ry, ’n blog het waarop hulle kliphard probeer om te verstaan wat in meisies se koppe aangaan, en daarvan droom om eendag hul eie rock-band te hê.
Maar die moeilikheid begin toe Zane op ’n dag besluit om die Mozartbeeldjie in die musiekklas se lippe met lipstick rooi te verf. Natuurlik word hulle uitgevang. En natuurlik lei dit tot moeilikheid. Die soort moeilikheid wat behels dat jy die hele eerste span se sweterige rugbytruie moet was. Die soort moeilikheid wat sneeubal. Die soort moeilikheid waarvoor jou ouers ingeroep word om die skoolhoof te kom spreek. Die soort moeilikheid wat R 30 000 kos.
Dis weer meneer Marx, wat deur geheime in sy eie verlede gedryf word, wat hulle ’n uitkomkans gee; ’n Battle of the Bands-kompetisie vir skole met R 30 000 prysgeld en ’n platekontrak vir die wenner. En so, met ’n oudisie wat amper skeefloop, word Liezl, die mooiste meisie in die skool, en Bongi, die nuwe meisie met ritme en attitude in haar lyf, deel van die band wat Suurlemoen! gedoop word.
Maar daar is ’n paar basiese reëls wanneer jy jou rockband begin:
1) Besluit vooraf watter soort musiek julle wil maak.
2) Neem tyd om lede vir jou band te kies.
3) Moenie op iemand in jou band velief raak nie.
En kort voor lank oortree hulle al die reëls.
Gaan Tiaan vir die eerste keer in sy lewe baklei vir dit waarin hy glo en waarvoor hy regtig lief is? En gaan hy tussendeur alles die dood van sy Pa verwerk om sodoende sy eerste stap as jong volwassene te neem?
Cast
Tiaan Kelderman, Ben Pienaar, Aimee Ritchie, Pearl Monama, Renaldo Botha, Luan Jacobs, Leslie van Wyk, Chris Chameleon, Anna Davel
Directed by
Vickus Strijdom
Screenplay
Vickus Strijdom