Pad Na Jou Hart
Add to
my list
Adventure, Romance
117 min
| 
7–9PG V
Vind jou ware noord. Basson van Rensburg, 'n jong, aantreklike en selfvoldane besigheidsman, het vyf dae om by sy pa se begrafnisdiens in Kaapstad uit te kom, maar hy moet sekere take voltooi op hierdie reis voordat hy die suksesvolle familie-maatskappy kan oorneem.
Sy enigste kans om betyds daar aan te kom, is 'n saamrygeleentheid met die beeldskone boheemse meisie, Amory. Soos hulle deur die asemrowende natuurskoon van Suid-Afrika reis, ontmoet hulle wonderlike karakters wat sorg vir vir lekkerlag-oomblikke en lewensveranderende ervarings.
Om weer in die liefde te glo, was nie deel van een van hulle twee se plan nie, maar hulle kan nie help om te besef dat met elke draai wat hulle die lang pad af Kaap toe maak niks nog ooit meer bestem gevoel het nie.
Hul veiligheid word skielik bedreig wanneer 'n ‘donker’ figuur met sy eie agenda hulle op sy motorfiets inhaal. Basson en Amory word gekonfronteer met teleurstelling, hartseer en die wete dat op jou lewenspad dit onvermydelik is dat jy 'n paar slaggate gaan teëkom of verkeerde afdraaie gaan neem nie.
Maar maak nie saak hoe moeilik die pad mag wees nie, op pad na ware liefde, is waar jy jou ware noord sal vind.
Cast
Ivan Botha, Donnalee Roberts, Marius Weyers, Franci Swanepoel, David James, Marcel Van Heerden
Directed by
Jaco Smit
Music
Benjamin Willem
Screenplay
Ivan Botha, Donnallee Roberts