Molly & Wors
Add to
my list
Comedy
115 min
| 
10–12PG D L
Hy was in Holland. Sy was in die hel. Wors is die afgelope 26 jaar ‘n lojale man vir Molly. Hy is ook pa van twee. Daar is sy seun Vaatjie (Gerhard Odendaal), wat moes trou met sy swanger meisie Shardonay (Cherie van der Merwe), en sy dogter Blapsie (Karien Botha) wat op die punt staan om verloof te raak aan haar kêrel Hardus (Albert de Villiers). Wors werk by F1 Fitment Centre in Johannesburg en staan ‘n kans om die Verkoopsman van die Jaar-toekenning te wen. Dis nie die eerste keer wat hy die kans staan nie, maar hy het nog nooit die groot prys gewen nie.
Molly het haar bedenkinge oor Wors se kans om te wen en sy ma, Ella (Marga van Rooy), gaan net na die funksie omdat daar gratis kos en drank is. Sy is seker hy gaan nie wen nie. Volgens haar is Wors altyd die strooimeisie, nooit die bruid nie.
Wors wen egter ‘n groot toekenning en daarmee saam ‘n reis na Amsterdam. Molly gaan saam, maar dinge werk nie uit soos dit moes nie en Wors eindig alleen in Amsterdam op. Daar wag allerlei sports op hom, maar hy is salig onbewus van alles wat tuis in Suid-Afrika aan die kook is. . . Gaan sy en Molly se huwelik dit kan oorleef?
’n Kontemporêr en ‘n ware blik op Suid-Afrika ná 2010 se Wêreldbekertoernooi. Van die hoogtepunte in die fliek is in en om Amsterdam geskiet, met die res van die verfilming wat in Oos-Londen, Kemptonpark en Johannesburg plaasgevind het. Laaste maar nie die minste nie, is daar ook tonele in Long Beach, Kalifornië geskiet.
Die fliek is ‘n onpretensieuse rolprent propvol pret en plesier en beloof om van begin tot einde te vermaak.
Cast
Lizz Meiring, Willie Esterhuizen, Gerhard Odendaal, Carien Botha, Marga van Rooy, Ben Kruger, Marcel van Heerden, Alvin Bruinders, Karen Wessels, Lelia Etsebeth, Joey Rasdien
Directed by
Willie Esterhuizen, Pieter Esterhuizen
Music
Toby Esterhuizen
Screenplay
Willie Esterhuizen