Die Windpomp
Add to
my list
Drama, Fantasy, Romance
102 min
| 
13
Daar’s iets in die water. Die Windpomp is 'n kleurvolle, humoristiese en "quirky" liefdesverhaal van 20-jarige Hendri wat op die voorstoep van sy seniele, teruggetrokke oupa in 'n aftree-oord beland. Hendri word onder die vlerk geneem van ‘n gawe buurvrou, Tannie Marietjie, wie hom forseer om gereeld by haar huisie te kom bad.
Een aand sien Hendri vier donker figure wat geheimsinnig deur die aftree-oord se tuine nael. Hy agtervolg hulle tot in ‘n woud aan die buite randte van die klein dorpie, waar ‘n dam helder in die maanlig skitter. 'n Beeldskone meisie verskyn vanuit die donker woud en stel haarself voor – Hendri kan sy oë nie van Margo afhou nie en is onmiddelik smoorverlief. Margot is ook beindruk deur Hendri.
Soos Hendri en Margot se somer romanse bloei, so word dit duidelik dat alles is nie wat dit blyk in hierdie ongewone dorpie nie.
Cast
Armand Greyling, Leandie Du Randt, Marga Van Rooy, Ian Roberts, Grethe Fox, Marko van der Colff
Directed by
Etienne Fourie
Music
Johnny de Ridder, Helena Marais
Screenplay
Etienne Fourie