Môre, Môre
Add to
my list
RAND FILMS se liefdesdrama MÔRE-MÔRE is gebaseer op die baie gewilde radiovervolgverhaal van Jan Scholtz. Die verhaal speel af in ‘n klein plattelandse dorpie en gaan oor Lana, ‘n matriekmeisie wat verlief is op haar onderwyser en daarmee saam die kleinlike en genadelose optrede van die mense in die dorp. Een van die skoolseuns se jaloesie oor dié verhouding bereik ‘n hoogtepunt wanneer hy tydens ‘n sportbyeenkoms probeer om die onderwyser met ‘n spies dood te gooi. Lana word gespeel deur Sybel Coetzee, Hans Strydom is die onderwyser en Johannes Slabbert speel die rol van die skoolseun. Ander bekende spelers is Anna Neethling-Pohl, Jan Bruyns, Dawid van der Walt, Tobie Cronjé en Iris Coertze. MÔRE-MÔRE is in 1973 vervaardig. Elmo de Witt was die regisseur en Jan Scholtz het die draaiboek geskryf.
Cast
Hans Strydom, Sybel Coetzee, Johannes Slabbert, Anna Neethling Poh, Jan Bruyns, David van der Walt, Tobie Cronjee, Iris Coertze