Jou Romeo
Add to
my list
Drama, Romance
94 min
| PG
#Lopies #Leggings #Liefde In ’n sportmalskool is Yvette, Tyler en die dramabrigade ’n piepklein #arty minderheid en hulle het slegs een doel voor oë: Om Romeo en Juliet in hul matriekjaar op die planke te bring. Die skoolhoof, Meneer Kirby Potgieter, het egter ander planne en sny die kuns- en kultuurbegroting vir opgraderings aan die krieketklubhuis.
Desperaat om kaartjies te verkoop en sodoende die vertoning te red, beraam Yvette en Tyler ’n plan. Hulle oortuig die skool se sportheld en hartebreker, Marko Marais, om die rol van Romeo in Tyler se plek te vertolk. Hulle plan werk en die kaartjies verkoop soos soetkoek.
Marko voel onverwags aangetrokke tot die bleek dramasiel Yvette. Sy sien ook skielik meer in Marko raak as die image van ’n “oppervlakkige” spiertier jock met ’n mooi glimlag.
’n Leuen dreig egter om hulle uitmekaar te skeur en gevolglik ook die opvoering te kelder. Om universiteitstoelating te kan kry, moet Marko ’n sportbeurs met sy krieketkolf losslaan. Terwyl hy uithaal en wys op die krieketveld, wonder Yvette of Marko werklik haar Romeo kan wees.
Cast
Ruan Wessels, Elani Dekker, Christopher Van Der Westhuizen, Row-Lean, Ruan Blum
Directed by
Andre Velts
Music
Quinn Lubbe
Screenplay
Danie Bester, Tina Kruger, Berdene Burger