100 meter Leeuloop
Add to
my list
Comedy
94 min
| PG
Wees net altyd jouself! Kan jy sing? Kan jy dans? Kan jy hardloop? Miskien kan jy, maar die vraag is: Kan jy al drie gelyktydig bemeester?
Hierdie is die tema van Robbie Wessels se splinternuwe rolprent wat onlangs klaar opgeneem is. Dit het al die bestanddele van 'n skitterende Suid-Afrikaanse komedie en gaan sonder twyfel 'n treffer by oud en jonk wees. Die fliek is wat mense in die vermaakbedryf `n mockumentary noem, verduidelik Robbie. "Daar is ’n storie, maar die storie word in realiteit-styl vertel. Dit gaan oor 'n kompetisie wat gehou word en die pret wat hulle het om 'n wenner te kry."
Manie is 'n musikant en fanatiese ondersteuner van die sanger, danser en leeuloper Ronnie Wentzel. Manie word as een van die vyf finaliste in die kompetisie gekies en moet kragte met die ander vier meet. Daar is Pieter Platina, die platanna-boer; Ray Mac, die ritmiese raver; Fanie Venter, ’n man wat op sy dag graag Venter-sleepwaentjies gesteel het en Petros Petros Malie, ’n peashooter-kampioen. ’n Deelnemer word uit die kompetisie gegooi as gevolg van die gebruik van verbode middels en die karakter Harregat Harrighol en die twee aanbieders van die sportprogram Bol-'n-All, Gazi en Dopi, sorg vir nog onvoorspelbare gebeure. "Ek dink regtig mense gaan die fliek geniet" sê Robbie. "Dis iets vir oud en jonk. Ons het lekker gespeel toe ons die draaiboek geskryf het. Die karakters Gazi en Dopi is byvoorbeeld spelings op Ghapi en Dozi se name. Ek dink nie daar was al so fliek nie. Ons wou nie doelbewustelik wegbeweeg het van vorige komedies nie, ons wou net ons eie ding doen."
Cast
Robbie Wessels, Emo Adams, Annette Engelbrecht, Hamilton Wessels, Hanna Grobler, Justin Smit, Jan-Adriaan Van Rooyen, Seth Zimu
Directed by
Diony Kempen
Music
Robbie Wessels, Sean Manley