My Broer se Bril
Add to
my list
My broer se Bril staan bekend as die eerste Afrikaanse riller. Die film begin met 'n begrafnis en eindig met'n skokkende ontknoping tydens die lees van 'n testament. Twintig jaar gelede het tweeling broers Adriaan en Paul van der Bijl hul afsonderlike weë gegaan na 'n argument wat Adriaan blind agtergelaat het. Verbitterde Adriaan het gebly in sy pa se huis, en trou uiteindelik met sy siek Pa se mooi verpleegster, Marie. Op die dag van sy pa se begrafnis, wat Adriaan nie bywoon nie, keer Paul terug. Die broers se ontmoeting is nie vriendelik nie: 'n skoot word gehoor, en een lê dood.
Cast
Cobus Rossouw, Marié du Toit, Pieter Fourie
Directed by
Dirk de Villiers