Babbelkous
Add to
my list
RAND FILMS se BABBELKOUS EN BRUIDEGOM is ‘n komedie en gaan oor ‘n prokureur se telefoniste wat versot is op speurverhale en misdaadrolprente. Sy glo vas haar baas is vermoor en meld die saak by die polisie aan. ‘n Speurder ondersoek die saak en word totaal deur die telefoniste verwar wat al die antwoorde op haar baas se verdwyning het. Tobie Cronjé vertolk die rol van die speurder en Katinka Heyns is die telefoniste. Die rolprent is in 1974 vervaardig deur Tommie Meyer en die regisseur was Koos Roets
Cast
Katinka Heyns, Tobie Cronje