Jakhalsdans
Add to
my list
Drama
96 min
| PG
Mara Malan, ‘n onderwyseres, spandeer die laaste van haar spaargeld om ‘n huis in Loxton, ‘n klein Karoo dorpie, te koop. Loxton lyk na die perfekte plek om haar vyf-jarige dogterjie, Mia, in ‘n veilige, vriendelike omgewing groot te maak. Ongelukkig ontdek sy binnekort dat haar planne vir hul nuwe lewe alles in die balans hang omdat die Laerskool in Loxton waar sy begin werk het dalk toegemaak sal word deur die Department van Onderwys as gevolg van onvoldoende bevondsing. Die enigste hoop wat sy het om die skool aan die gang te hou maak staat op haar vermoe om binne drie weke ‘n massiewe R 500 000 in te samel.
Mara sal alles wat vir haar belangrik is verloor as die skool nie gered kan word nie en sy is gedetermineerd dat dit nie gaan gebeur nie. Wanneer die dorp se liedjieboer, Dawid Le Fleur, voorstel dat hulle dalk geld kan insamel deur ‘n musiek konsert op die dorp te reel is sy onmidellik geinspireerd. Sy begin ‘n slim plan aanmekaar slaan om top kunstenaars op die verhoog bymekaar te kry om in Loxton kom sing en die skool dus van bankrotskap te red.
Waarvan Mara nie bewus is nie, is dat haar effens afsydige buurman, Ruan Landman, eintlik ‘n top sanger-komponis is. Hy is alreeds ‘n vreeslike populere popster. Dit is juis daarom dat hy Loxton toe getrek het. Hy wou wegkom van die hoë druk en onuithoubare tempo wat ‘n lewe van beroemdheid op hom afgedwing het. En hy wou wegkom van mense wat hulself wil verryk ten koste van sy sangtalent. Ruan voer ‘n kluisenaarsbestaan en, alhoewel klein Mia konstant probeer om na hom uit te reik, slaag sy nie. Hy wil nie praat nie. Hy wil uitgelos word, maar Mia wil nie kopgee nie. Wanneer Landman geirriteerd raak met die sitsuasie, skryf hy vir Mara ‘n brief waarin hy vra dat sy haar dogter moet dissiplineer en haar maniere behoort te leer. Die brief ontlont die latente konflik wat reeds tussen Mara en Ruan broei en dit gee ‘n bakleiery af.
Mia voel vere vir die spanning wat bestaan tussen haar ma en die buurman en sy druk deur met haar pogings om die ware kreatiewe Ruan uit himself uit te probeer lok. Haar onskuldigheid bekoor hom gevolglik en inspireer hom om weer liedjies te begin skryf, al het hy dit afgesweer toe hy Loxton to getrek het.
Mara se vasberdenheid om die skool uit die petjie te help forseer haar om Landman se hulp te gaan vra, maar voordat hulle kan saamspan om die regte ding vir die gemeenskap te doen, moet albei van hulle eers ‘n paar lewenslesse leer. En dan raak hulle verlief.
Cast
Theuns Jordaan, Christina Storm, Neil Sandilands, Elizma Theron, Chris Majiedt, Chante Hinds, Janke Bruwer
Directed by
Darrell James Roodt
Music
Anton L'Amour